Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers
Die verskil tussen weg wees en rus
Weg! Ry & Sleep
POSBUS • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by 🖰 rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
NUUS
Klein kruisnuts met groot planne • Tata het pas sy jongste ryding vrygestel. Cyril Klopper bekyk hom van nader.
Welkom terug! • Mitsubishi het die vervaardiging van sy Pajero in 2021 gestaak. Cyril Klopper kyk na dié ryding se plaasvervanger.
Laat waai, Meraai! • Audi het die derde geslag van sy Q5 bekend gestel. Cyril Klopper staan nader.
Batterybakkie • Daar’s ’n nuwe bakkie in die land – ’n volkome elektriese een – en Cyril Klopper kyk wat in hom steek.
Bruiser skink ’n dubbel • Bruiser 4x4 is dalk een van die jongste vervaardigers in die plaaslike mark, maar hy het reeds vier waens in sy stal. Die nuutste een is die Maximus, sy vlagskipmodel.
’n Traandruppel vir oral • Mouton Caravans se nuutste model is vir die bos gebou en sy naam spel dit netjies uit: Can-Go Anywhere.
Slaap van die pad af • Klein by die huis en groot in die bos... en dan is die Bushwolf boonop nog heel bekostigbaar.
Beste van twee wêrelde • Bakkiewa of woonwa – met Feniks se i-p2 besluit jy hoe jy wil kamp.
Stilte by die groot geraas • Eers die kerk, toe die hotel... en uiteindelik die kampplek. Augrabies is meer as net ’n skouspelagtige waterval.
Roetes deur ’n halfwoestyn • Blyplek in die Kgalagadi-oorgrenspark is maande vooruit volbespreek, maar net buite die hekke is daar heelwat goeie verblyfopsies. Hierdie vier kampplekke is nommerpas vir reisigers wat die park as dagbesoekers wil verken.
Salig in die Bosveld • As jy lus is vir ’n stil Bosveldwegbreek waar die natuur jou besig hou, gaan jy gou tuis voel by Klipspringerkloof Bush Camp.
Die Eden van Namibië • Hoekom is die destydse Caprivistrook so ’n gewilde bestemming? Ons gaan ry self deur die Zambesistreek.
Laaste kans! • Die oorspronklike pad wat Kaapstad met Namakwaland verbind het, is besig om stuk-stuk te verdwyn. Ry een van die laaste dele voordat dié ook weg is.
Deur Botswana met’n beneukte Landie • As hy vooraf geweet het wat in Botswana op hom en sy gesin wag, sou hulle waarskynlik eerder by die huis gebly het, vertel Hjalmar Fuchs van Waterkloofrif in Pretoria.
Heeltyd speeltyd • Land Rover se nuwe Defender Octa spog met tegnologie wat jy in ’n renmotor sou verwag, en sy verwoestende V8-krag laat jou so opgewonde soos ’n kind voor Kersfees voel. Maar is hy eintlik net ’n peperduur speelding?
Warrel oor die grondpad • OutBound het sy Cyclone DB se romp ’n bietjie gerek en met die DB XL vorendag gekom.
Flinkdink • Hoe sal jy in ’n woonwavasvrakompetisie vaar? Hier is ’n paar vrae met interessante antwoorde.
10 verpligtinge voor jy toer • Wanneer jy op toer gaan, is daar altyd ’n lang lys van items wat jy beplan om saam te neem. Hier is die belangrikstes, plus die take wat jy moet uitvoer.
Sny ’n lyn na die kampplek toe • Grotmense het klippe skerp geslyp sodat hulle ’n bokkie kon uitslag om te braai. Gelukkig is daardie tye verby – hier is 18 lemme vir jou.
Hier kiep-kiep! • Met hierdie hoenderresepte op die spyskaart gaan die hele gesin – én dalk die kampbure – om die braaivuur saamdrom.
PRETBLAD
Is die nuwe FJ ’n regte Land Cruiser? • Die nuwe FJ voel soos ’n nuwe tak in die Land Cruiser-boom wat die Toyotafamilienaam met groot welsae gaan verteenwoordig, sê Mic van...